15 Oct 2014

Shifts Afrikaans Part-Time Shop Assistant – Pretoria

rentastudent – Pretoria, Gauteng, South Africa

Job Description

IS JY ONS NUWE WINKELASSISTENT?

The Biltong Shoppe is op soek na `n DINAMIESE, jong assistent vir ons Biltong Deli in The Reeds, Centurion.

Die perfekte kandidaat moet wil deel in ons absolute toewyding en passie vir wat ons doen. Ideaal vir `n student of iemand wat ekstra inkomste wil verdien. Die persoon sal op `n deeltydse basis aangestel word en `n 3 maande probasie periode is geldig.

Ons is op soek na `n hardwerkende, vriendelike, EERLIKE persoon wat ongelooflik goed met kliënte kan werk. Slegs individue wat super netjies en presies is sal oorweeg word. Die persoon moet gemaklik en innemend wees, met `n goedgesinde en uiters positiewe geaardheid.

ENIGE VERKOOP/BEMARKINGSONDERVINDING IS `N PLUSPUNT!

Jou daaglikse take sluit in:

– Om die winkel uiters skoon en netjies te hou!

– Verkope

– Daaglikse ‘Cash sheet’ in te vul en voorraad te beheer

– Met nuwe besigheidsidees vorendag te kom

– Internet bemarking (sosiale netwerk, e-posse, bulk sms ens.)

– Om nou met die eienaar te werk en bestellings te plaas

– Aflewerings

EIE VERVOER EN BESTUURSLISENSIE `N MOET.

Indien die persoon op enige manier ekstra inkomste vir die besigheid genereer, hetsy dit as gevolg van bemarking, kreatiewe besigheidsidees of ekstra verkope is, sal die persoon daarvoor vergoed word.

As jy `n aangename, pligsgetroue persoon is, soek ons JOU!

How to Apply

Stuur jou gedetaileerde CV na

Job Categories: Retail Casual. Job Types: Shifts. Job Tags: Shop Assistant and Student work. Salary: Negotiable. Job expires in 778 days.

122 total views, 7 today

Apply for this Job